skip to Main Content

Koekemakranka se bepalings en voorwaardes

KOMMENTAAR

Ons wil graag hê dat ons lesers moet kommentaar kan lewer op ons blogs en dit kan deel met ander.

KOEKEMAKRANKA behou die reg om enige kommentaar of gebruikersprofiel te verwyder wat op KOEKEMAKRANKA.net gepubliseer is.

Terwyl ons kommentaar modereer, probeer ons om nie te veel kommentaar aan te pas of te verwyder nie, maar ons probeer sekere standaarde by elke blog te handhaaf. Ons sal selde of nooit individuele kommentaar aanpas vir spelling en taalgebruik nie, maar ons mag kommentaar verwyder, op grond van die volgende:

  • Hoe relevant die kommentaar tot die inhoud is
  • Die omvang waartoe ander gebruikers sal verstaan wat gesê word
  • Die omvang van vloekwoorde, die graad van beledigende taal en die felheid van die toon van die kommentaar teenoor ’n groep mense of ’n individu
  • Gebruikers wat die kommentaar-stelsel misbruik deur onder bestaande skuilname te publiseer of wat publiseer slegs om gemeen te wees
  • ‘Spam’, soos advertensies as kommentaar, sal verwyder word
  • Duplikasie van kommentaar
  • Die belangrikste: rassistiese, seksistiese, aanvallende en beledigende kommentaar sal nie geduld word nie.

Gebruikers onderneem om nie inhoud op die KOEKEMAKRANKA.net-webtuiste te publiseer wat rassisties, seksisties, onwettig, lasterlik, regskendend, teisterend, gemeen, vals, kommersiële advertensie, persoonlike bemarking of skadelik kan wees, te publiseer nie.

KOMPETISIES

Die meeste kompetisies sluit op die 30ste van elke maand, tensy dit anders op Koekemakranka.net aangedui word.

Die wenners sal per e-pos ingelig word dat hulle gewen het. Wanneer wenners nie binne die gegewe tyd op die e-pos reageer nie, mag KOEKEMAKRANKA lukraak ’n ander wenner kies om die prys te aanvaar.

Beoordelaars se keuse is finaal.

KOEKEMAKRANKA aanvaar geen verantwoordelikheid vir die pryse se aflewering nie.

’n Persoon wat wen, mag eers weer oor drie maande in berekening gebring word vir ’n prys.

Dit is jou verantwoordelikheid, as ’n deelnemer, om te verseker dat enige inligting wat jy verskaf ten opsigte van ’n promosie-kompetisie, akkuraat, volledig en op datum is.

Enige koste of uitgawes wat jy aangaan ten opsigte van daardie items wat spesifiek ingesluit in ’n prys is vir jou eie rekening. KOEKEMAKRANKA neem geen verantwoordelikheid vir enige koste of uitgawes wat jy, of jou maat (indien van toepassing), aangaan tydens en vir doeleindes van jou deelname aan die promosie-kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys nie. KOEKEMAKRANKA sal in die reëls, die totale waarde van die pryse spesifiseer wat gewen kan word, en die aard van die pryse, en enige koste deur die deelnemers aan enige spesifieke promosie aanbod.

KOEKEMAKRANKA verteenwoordig nie enige of gee waarborge, hetsy uitdruklik of implisiet, van ’n prys, en in die besonder, maar sonder beperking, maak geen voorstellings en gee geen waarborg dat ’n prys, of enige aspek daarvan, – sal voldoen aan jou, of, indien van toepassing, jou maat se vereistes, voorkeure, standaarde of verwagtings nie.

Die aflewering van die pryse is onderhewig aan die posdiens.

Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie uitgestel word nie, of verander of verruil word vir enige ander item of kontant nie.

Jy het een maand vanaf kennisgewing deur KOEKEMAKRANKA om jou prys op te eis of om aflewering te reël, tensy anders bepaal in die reëls vir ’n spesifieke promosiekompetisie.

Deur vir enige van ons kompetisies in te skryf, stem jy in om die KOEKEMAKRANKA-nuusbrief, NUUSkierige Agie, te ontvang.

BLOGS

KOEKEMAKRANKA aanvaar geen verantwoordelikheid vir produkte wat genoem is op ons webtuiste, wat nie na wense diens lewer nie.

Produkte wat in ons webtuiste genoem word, se pryse mag verander word deur die maatksappy.

Die inligting in die blogs is die skrywer se eie opinie.

AFLEWERING

Aflewering van produkte is onderhewig aan die posdiens en koerierdientste wat gebruik word.

Produkte word handgemaak volgens bestelling. Daarom neem produkte 21-25 werksdae om u te bereik.

KOEKEMAKRANKA sal produkte omruil wat foutief is, indien dit binne 7 werksdae aan ons terugbesorg is.

Koper is self verantwoordelik vir koerierkoste.

Back To Top