skip to Main Content

Swanger? To do or to Doula?

Swanger? To Do Or To Doula?

Vrae. Raad. Onsekerheid. ’n Oorweldigende gevoel.

Ek het baie oorweldig gevoel met al die vrae en opmerkings van alle kante af gedurende my swangerskap.

Jip in sekere opsigte is ek ’n control freak. En raai wat? Om ’n ma te word en te wees beteken jy het nie altyd beheer oor alles nie…

Ons het dadelik begin om ’n noodfonds te stig. Want die meerderheid van hierdie wenke en/of ongevraagde advies was van finansiële aard. Maar gou het ek en my man besef hierdie nuwe lewetjie en ons nuwe avontuur behels nie net finansies nie.

Oorweldig? Onkundig? Teleurgesteld in ons eie vermoë? Bang? Onseker? Hoe gaan ons hierdie nege maande oorleef – om nie eens te praat van die nege jaar daarna nie. Hierdie was tipiese emosies wat hierdie twee nuwe verwagtende ouers beleef het.

Hoe nou gemaak?

En dis toe dat ek onthou van die artikel in BELLA van Junie 2017 waarin Quinne Brown vertel van haar passie…doula. Sou dit die antwoord wees?

Merriam Webster se webtuiste beskryf vir my die definisie van ’n doula so mooi: “ ’n Persoon wat opgelei is om raad, inligting, emosionele en fisiese ondersteuning aan ’n mamma te voorsien voor, gedurende en na die kind se geboorte.”

So het Quinne die engel op swangerskap-journey geword.

Quinne Brown-Huffman. Engel. Raadgewer. Luisteraar. As jy al ooit die voorreg gehad het om vir Quinne te ontmoet dan sal jy wéét sy is definitief ’n engel op aarde. Ons het mekaar eers vir koffie ontmoet en sommer oor alles gepraat – my vrese, my irritasies en my drome vir my kind. Selfs na die ‘kort koffie- afspraak’ het ek klaar beter gevoel. Ek het sommer net geweet… alles sal okay wees.

Ek en my man het daarna twee sessies van drie ure elk by Quinne gehad waar ons emosioneel voorberei is vir die nuwe hoofstuk in ons lewe.

Ons het na hierdie sessies bemagtig gevoel, want jy leer baie en jy kan enigiets vra waaroor jy onseker is. Dit is ’n veilige hawe vir nuwe ouers. Ja, dis een van die min mense by wie my emosies régtig veilig gevoel het. (Sonder enige judgement ;)!)

Quinne was ook deel van my spesiale babatee

Jy gesels oor enigiets van die tipe geboorte, wat jy alles in jou hospitaaltas moet inpak, wat jy vir jou dokter of vroedvrou moet vra en jy leer hoe om te ontspan voor en tydens die geboorte van jou baba. Vir my was Quinne se wenke oor hoe om na die baba se geboorte te cope en hoe ’n Mamma na haarself moet kyk, baie insiggewend. Ek en my man het haar raad gevolg en sekere “reëls” in plek gestel om seker te maak dat ons as gesin altyd ons eie behoeftes eerste stel. Ons het baiemaal “nee” gesê vir kuiergaste en soms was ons huis deurmekaar, maar ek as nuwe Mamma het gevoel dat ek cope met min slaap en die aanpassing en dit is al wat vir ons saak gemaak het in die eerste ses weke nadat D’Niel gebore is.

Ek sal dit definitief aanbeveel vir enige toekomstige Mamma! As jy meer inligting verlang, stuur gerus ’n e-pos aan Quinne by doulaquinne@gmail.com.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back To Top