skip to Main Content

Dit is nie WAT jy lees nie, maar HOE

Dit Is Nie WAT Jy Lees Nie, Maar HOE

Not all readers are leaders, but all leaders are readers…

My ma het een keer afgelos in my boetie se Graad 1 juffrou se plek. Hulle het v-woordjie in die klas behandel en my ma het vir die klas gevra wie kan vir haar ’n voorbeeld van ’n woord gee wat met ’n ‘v’ begin? My boetie het vol selfvertroue sy hand opgesteek en gesê: “Vok.” My ma het gelukkig koelkop gebly en net geantwoord: “Nee, Marinus, jy spel dit met ‘n ‘f’.”

Nou, ja, so is my boetie vandag al 23 jaar oud en ons gesin onthou nou nog dié storie. My ma weet Marinus het die woordjie by haar geleer… My ma is definitief nie die eerste (of laaste) ouer met wie so iets gebeur het nie. Maar HOEKOM tel kinders so maklik vloekwoorde op? En wat het lees en woorde leer met mekaar te doen?

Fotograaf: Nicole van Niekerk

Ek het verlede jaar ’n oggendtee van Laerskool Elandskraal bygewoon en hulle het vir Hanlie Degenaar, ’n spraakterapeut, as spreker gekry. Sy het verduidelik dat dit nie noodwendig die woord is wat hulle so maklik onthou nie, maar eerder hóé ‘n mens dit uitspreek. En dink bietjie hieroor… As jy per ongeluk vloek dan is dit gewoonlik uit frustrasie en irritasie en jy plaas klem op die vloekwoord. Dis hoekom babas en kinders so maklik die woorde herken en later maklik sê.

Dit is hoekom LEES so belangrik is. Jou baba of kind hoor en herken woorde wat herhaal word en wat met emosie gelees word. Ek probeer vir D’Niel stories lees in verskillende stemme, met byklanke en alles. Dis ’n groot grap in ons huis, maar ek wéét dit gaan eendag vir D’Niel help om lekker en maklik te lees, woorde te herken en hy gaan lees geniet. Elke karakter in die boek het ’n ander stem. Soms fluister ek en ander kere lees ek harder.

Dis vir my so belangrik om ’n liefde vir lees by my kind te kweek. Ek het vandat ek swanger is al stories vir D’Niel gelees. Ons probeer dit kort, maar kragtig hou.

Ek het Kids Book Club ontdek en ek moet sê dis die winskopie van die jaar. Jy kry boekies, plakkers en ’n geskenkie by jou maandelikse subskripsie en alles is ouderdomverwant. Die eerste boekie wat D’Niel gekry het was ’n klein boekie met rubber kante (wat D’Niel natuurlik lekker in sy mond kon druk) met relevante woorde vir sy ouderdom. Daar was nog ’n boek, “Charlie eats a rainbow” wat ’n mooi boodskap oor gesond-wees oordra. D’Niel was mal oor die prentjies in die boek. Ons het ook ’n Schnookypie tandering in ons pakkie gekry en dis die ideale geskenk vir  ’n baba wat besig is om tande te sny.

Fotograaf: Nicole van Niekerk

Dis duidelik dat elke boeke en geskenkie spesifiek uitgekies word vir jou kind se ouderdom en belangstellings.

Daar is 3 oulike stappe wat jy volg wanneer jy deel word van die boekklub.

Choose your tribe

Jy kies die ouderdom van die jongste kind in jul huisgesin (spesiale pakkette vir meer as een kind)

Choose your vibe

Spesiaal gemik op jou kind se belangstellings, stokperdjies en mylpale.

Raise your tribe

LEES. Die boeke word op die 15de van elke maand afgelewer en kos R159 per maand.

Hulle gaan ook binnekort Afrikaanse boeke beskikbaar hê en jy kan elke vierde keer Afrikaanse boeke by jou maandelikse subskripsie verwag. Hulle fokus ook daarop om plaaslike skrywers te bemagtig; wat in my oë  ’n baie goeie rede is om hulle te ondersteun.

Klik hier om hulle webtuiste te besoek.

Fotograaf: Nicole van Niekerk

“As jy kan lees, kan jy presteer.” Dít is my beste vriendin se leuse en ek stem 100% saam met haar. Begin van vroeg af om ’n liefde vir lees by jou kinders te kweek en as jy régtig voel jy moet  ’n vloekwoord laat uitglip, sê dit saggies. Onthou dit gaan nie noodwendig oor WAT jy sê nie, maar HOE jy dit oordra ;).

 

 

This Post Has One Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back To Top