skip to Main Content

Die moets en moenies vir jou maternity shoot

Die Moets En Moenies Vir Jou Maternity Shoot

Die oomblik wat jy uitvind jy is swanger, begin jy anders lyk en voel. Dit is asof jy meer bewus raak van elke liggaamsverandering en die wonderwerk wat besig is om te gebeur!

Foto’s is soos ’n notule van ’n hoofstuk in jou lewe. Om swanger te wees is ’n nuwe en uitdagende hoofstuk, maar beslis een wat elke oomblik ingeneem moet word! Wees trots op jou swangerlyf en vier dit met ’n spesiale maternity shoot.

Soos wat elke swangerskap verskil, verskil elke mamma óók. Dis belangrik dat jy eers verstaan en weet wat vir jou belangrik is en watter idees jy by die fotosessie wil inkorporeer.

Pinterest is vol inspirasie, maar pasop dat jy nie té veel tyd op Pinterest spandeer en probeer om 100 idees in een fotosessie in te werk nie. Sodra jy besluit op jou kleurpalet en styl, hou daarby. Moenie dat ander se idees op Pinterest jou intimideer nie.

Hier volg ’n paar moets en moenies vir jou fotosessie:

MOETS

  • Maak ’n plakboek of pin foto’s op Pinterest waarvan jy hou. Kies dan jou gunstelinge en maak vir jou ’n moodboard wat jou idees en styl van julle fotosessie uitlig. Jy kan van Canva gebruik maak om jou eie gratis moodboard te skep.
  • Kies ’n fotograaf wat jou gemaklik laat voel in jou eie vel. Iemand wat die beste in jou kan uitbring en wat ’n passie vir vroue en kinders het en sensitief sal wees vir jou voor- en afkeure. Bespreek jou idees vooraf met jou fotograaf sodat beide partye se verwagtinge van die fotosessie duidelik is. Wys vir jou fotograaf voorbeelde (of jou moodbaord) van die tipe foto’s waarvan jy hou sodat hy/sy van die begin af weet waarop om te fokus tydens die fotosessie.
  • Kies die datum vir jou fotosessie wanneer jou magie al mooi wys, maar wanneer jy nog nie té ongemaklik gaan voel om rond te loop en te pose nie ;)! So tussen 30-34 weke is vir my ’n goeie tyd vir die fotosessie.
  • Kies ’n uitrusting waarin jy gemaklik voel! As jy graag iets wil aantrek wat daardie magie beklemtoon – doen dit! Ander vroue hou weer nie altyd daarvan om te veel klem te lê op hulle maag nie en soek iets sag en verbloemend. Hou net die venue en styl van die fotosessie ingedagte wanneer jy jou uitrusting kies.
  • Kies iets bypassend vir jou man om aan te trek. Hy is net so deel van die fotosessie en glo dit of nie – hy is net so opgewonde oor die pienkvoet wat op pad is! Maak dit dus vir hom ook spesiaal.
  • Professionele hare en grimering is ’n definitiewe moet! Dit rond die algehele prentjie mooi af. Bederf jouself. Wie weet wanneer jy weer tyd of geld gaan hê vir so mooimaak-sessie?

MOENIES

  • Veiligheid eerste! Jou verlowingsfotosessie kon dalk iets uit ’n adrenalienbotteltjie gewees het soos om in ’n warm lugballon te sweef of foto’s tussen wilde diere te neem, maar hierdie is anders. Jy moet eers dink aan jou en baba se gesondheid en veiligheid.
  • Indien dit moontlik is, kry vir jou ’n haar- en grimeerkunstenaar wat bereid is om na jou huis te ry of kies iemand wat nie té ver van jou af woon nie.
  • Kies ’n praktiese plek om die foto’s te neem wat ook verkieslik nie te ver van jou huis af is nie. Jou man moet ook gemaklik wees met die venue.

’n Mens kry nie elke dag die geleentheid om te spog met jou groot maag nie – so gryp die geleentheid aan en maak die beste van jou maternity shoot. Jy sal nie spyt wees nie!

Die volgende mense het ons fotosessie vir ons spesiaal en perfek gemaak:

  • Die fotograaf, Dune Kahlau van Dune Kahlau Photography. Sy neem graag kinders en toekomstige ouers af en het daarom besluit om nog ’n Facebook-blad te skep, Kiddie Photos.
  • My grimeerkunstenaar was Missy van Missy Makeup Artist. Sy wéét net hoe om elke bruid, strooimeise of amper-mamma se heel beste eienskappe met haar grimeerkuns uit te bring.
  • Luzanne de Kock van Luzanne Hair Design het my hare vir die fotosessie gedoen. Sy was ook my haarkapper op ons troudag en ek het geweet ek is in goeie hande.
  • Ons het ons foto’s by French Toast in Hartbeespoortdam geneem. Dis nie nét ’n baie mooi venue nie, maar het die idee wat ek vir ons foto’s gehad het, perfek gekomplimenteer.
  • My perfekte faded french naels was te danke aan Xtatic Nails.
  • Ek het my rok by Cocoberry in Pretoria gehuur. Tanya is die eienaar van Cocoberry en help ’n mens so mooi om die rok te kies wat die beste by jou persoonlikheid pas.
  • Anubel Flower and Design het seker gemaak die foto’s het finesse met die mooiste blomme en blommekranse.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back To Top